Fikse Kinders




1. Dis Clamber Club tyd

Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom handjies klap
Dis Clamber Club tyd

Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom handjies klap
Dis Clamber Club tyd

Klap jou handjies
En stamp jou voetjies
Spring hoog in die lug
Dis Clamber Club tyd (x2)

Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd

Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd

Blaas ‘n soen
‘n Clamber Club soen
Spring in die lug
Dis Clamber Club tyd (x2)

Dis Clamber Club tyd (x2)
Handjies klap dis Clamber Club tyd
Dis Clamber Club tyd (x2)
Dis voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd


2.   Hallo 

‘n Clamber Club hallo
Hoe gaan dit met jou
My naam is Jog die padda
Kom aan, wees nie skaam
Hallo! Wat is jou naam?   X2

My naam is Xander
My naam is Nicolene
My naam is Ziain
My naam is Marcolien
My naam is Ben
My naam is Mila
My naam is Ian
En my naam is Luan

My naam is Dawid
My naam is Jenna
My naam is Maurice
My naam is Micha
My naam is Johannes
My naam is Daniela
My naam is Marco
En my naam is Hanna

‘n Clamber Club hallo
Hoe gaan dit met jou
My naam is Jog die padda
Kom aan, wees nie skaam
Hallo! Wat is jou naam?  
Hallo!


3. Boogy woogie

Sit jou hande op jou kop
En swaai daai heupe

Boogy woogie boogy woogie boogy woogie sjoebie doe
         
Sit hande op jou skouers
En swaai daai heupe

Boogy woogie boogy woogie boogy woogie sjoebie doe

Sit jou hande op jou knieë
En dans ai dis bak
Dans tot die son gaan sak!

Boogie woogie  oe boogie woogie
Boogie woogie  oe boogie woogie
Boogie woogie  oe boogie woogie
Dans tot die son gaan sak x2

Sit jou hande op jou elmboë
En swaai daai heupe

Boogy woogie boogy woogie boogy woogie sjoebie doe

Sit jou hande op jou magie
En swaai daai heupe

Boogy woogie boogy woogie boogy woogie sjoebie doe

Sit jou hande op jou heupe
En dans, ai dis bak
Dans tot die son gaan sak

Boogie woogie  oe boogie woogie
Boogie woogie  oe boogie woogie
Boogie woogie  oe boogie woogie
Dans tot die son gaan sak
Dans tot die son gaan sak


4. Hardloop

Ek hardloop op die plek
Ek hardloop na ‘n strek   x2

Werk my arms
Werk my bene

Ek hardloop op die plek
Ek hardloop na ‘n strek   x2

Werk my arms
Werk my bene

Ek hardloop op die plek
Ek hardloop na ‘n strek   x2


5. Wikkel liedjie

Ek wikkel my vingers, my vingers, my vingers
Ek wikkel my vingers, my vingers net so

Ek wikkel my tone, en my neus en ‘n toon
Ek wikkel my tone, my neus net soos dit

Ek wikkel my arms, my vingers, my vingers
Ek wikkel my bene en tone soos dit

Ek wikkel oral oor, oral oor, oral oor
Ek wikkel oral oor net soos dit

My arms en my vingers, my bene my tone
My magie, my heupe, my rug en my neus

Oe!  Kielie as ek wikkel, giggel as ek wikkel
Oe!  Kielie as ek giggle ek wikkel soos dit 


6. Op en af

Ek gaan nou op op op
Gaan nou op
Ek gaan nou af af af
Gaan nou af

Ek gaan nou op op op op
Gaan nou op

Ek gaan nou af af af af
Gaan nou af

Ek gaan nou op op op
Gaan nou op

Ek gaan nou af af af
Gaan nou af
_


7.  Dis ‘n Clamber Club dag

Ek staan op in die oggend
Uit my bed so warm
Ek spring uit my bed
En strek my arms

Ek skud my bene
Ek swaai en voel veerlig
Ek wikkel my heupe
Dans met hele gewig

Hoera hoera dis ‘n Clamber Club dag 
Hoera hoera soveel pret wat wag
Hoera hoera dis ‘n Clamber Club dag 
Hoera hoera soveel pret wat wag
Hoera dis ‘n Clamber Club dag

Ek eet gesonde ontbyt
En borsel my tande
En kam my hare
Was my gesig en hande
Ek skud my bene
Swaai en voel veerlig
Ek wikkel my heupe
Dans met hele gewig

Hoera hoera dis ‘n Clamber Club dag 
Hoera hoera soveel pret wat wag
Hoera hoera dis ‘n Clamber Club dag 
Hoera hoera soveel pret wat wag


_

8. Dis hoe ek

Dis hoe ek ‘n huisie maak
Dis hoe ek ‘n boekie lees
Dis hoe ek ‘n deur oopmaak
Dis hoe ek kyk waar ek wil wees

Dis hoe ek ‘n kar bestuur
Dis hoe ek my kossies eet
Dis hoe ek my klere vou
Netjies mooi nes jy, jy weet

Dis hoe ek my arms vou
Dis hoe ek neer kniel
Dis hoe ek my ore trek
En dit is hoe ek voel
___


9. Kleure 

Geel is die kleur van die son so helder en lig
Geel is die kleur van alles vrolik
Geel is die kleur van die blommetjies op die brug
Geel is die kleur van my ingekleurde ster.

Rooi is die kleur van my kwaai gesig
Rooi is die kleur van mamma se lipstiek
Rooi is die kleur van Jog se drafskoen
Rooi is die kleur van my aarbei sap.

Groen is die kleur van bome en gras
Groen is die kleur van lekker ertjies
Groen is die kleur van die padda ou Jog
Groen is die kleur wat ek baie van hou.

Blou is die kleur van groot diep see
Blou is die kleur wat kalmte gee
Blou is die kleur waarvoor ek lief is
Blou is die kleur van die mooie lug

Kleure kleure kleure oral rond
Daar’s soveel kleure in die lug
En op die grond


10. Krokkie die krokodil

Krokkie die krokodil
Hap hap terug
Krokkie die krok
Met die son op sy rug

Krokkie die krokodil
Hap hap strek
Met ‘n lang wye ken
En ‘n groot bek

Krokkie die krokodil
Gly oor die grond
Krokkie die krok
Beweeg suutjies rond

Hy kruip weg in water
En wag vir prooi tot later
Dan hap hap hy!

Krokkie die krokodil
Hap hap terug
Krokkie die krok
Met die son op sy rug


11. Dis fiks word tyd

Voel jou hartklop pols pols
Kom beweeg, wees nie nors
Fiksword is ‘n goeie begin
Komaan aanhouer wen

Spring op, spring op
Begin, begin
Spring op, spring op
Begin, begin

Kom ons word fiks
Ja selfs jy ou Buks
Kom wees nie lui
Wees in ‘n goeie bui

Spring op, spring op
Begin, begin
Spring op, spring op
Begin, begin

Masjeer op die plek
Warm gevoel as jy strek
Swaai jou arms links en regs
Dan’s al die luiheid weg

Spring op, spring op
Begin, begin
Spring op, spring op
Begin, begin

Kom ons word fiks
Ja selfs jy ou Buks
Kom wees nie lui
Wees in ‘n goeie bui

Spring op, spring op
Begin, begin
Spring op, spring op
Begin, begin
Kom ons word nou fiks!


12. Beweeg op baie maniere

Diere beweeg op baie maniere,
Baie maniere, baie maniere
Diere beweeg op baie maniere
Met vlerke, en bene en pooitjies

‘n Hasie hou van hop hop hop
‘n Ponie die gallop gallop
Goggas byt en kruip, ai jong
Maar Jog gee net ‘n grote sprong

Slange, akkedis slym en seil
Voëltjies vlieg, sonder stop, ‘n myl
Leeus bekruip deur die bos, ai jong
Maar Jog gee net ‘n grote sprong

Hasie hou van hop hop hop
‘n Ponie die gallop gallop
Goggas byt en kruip, ai jong
Maar Jog gee net ‘n grote sprong
‘n Grote sprong!


8. Die Olifant

Die olifant loop so stadig
Stadig stadig
Die olifant ploeter so stadig
Swaai sy slurp hoog in die lug

Hy swaai dit op
Hy swaai dit af
Hy swaai dit oral rond                 
En flap dit na die grond

Hy swaai dit op
Hy swaai dit af
Hy swaai dit oral rond                 
En flap dit na die grond

Die olifant is vol van plooie,
Plooie ja plooie
Die olifant is vol van plooie
Daar’s self ‘n paar verlore vlooie

Plooie op sy knieë
Plooie op sy rug
Plooie op sy maag
Dis niks om oor te sorg!


9. Ek Het ‘n Katjie

My kat Griet is ‘n oulike klein kat
Maak haar gesig met haar pootjies nat
Sy maak haar naels, so lank, skerp
Op ons rusbank
En dan spring sy ……. Meauw

Ek het ‘n katjie sy soek orals kos
Blare, takkies in die bos
Sy dink sy’s ‘n leeu wat smul
En hard brul
En dan spring sy ……… Meauw

Ek het ‘n katjie, wat lê en slaap
Strek en gee dan ‘n grote gaap
Krul in ‘n bolletjie en speel met ‘n wolletjie
En dan spring sy …….. Meauw

My kat Griet is ‘n oulike klein kat
Maak haar gesig met haar pootjies nat
My kat se naam is Griet ……. Meauw


10. Tyd Om Te Beweeg

Dis tyd om te beweeg, spring en speel
By Clamber Club sal niks verveel
Clamber Club het pret om te deel

Klap klap klap dis Clamber Club  x3
Klap klap klap

Stamp jou voete dis Clamber Club   x3
Stamp stamp stamp

Spring spring spring dis Clamber Club   x3
Spring spring spring

Dis tyd om te leer wat sê jy?
Doen dit op ‘n Clamber Club manier
Almal is fiks en gesond hier


11. Jog Die Padda Sê ………..

Jog die padda sê draai nou rond
Jog die padda sê raak die grond
Jog die padda sê dans op jou tone
Jog die padda sê raak jou neus

Clamber Club kan jy staan op jou kop
Clamber Club kom ons gaan slaap
Clamber Club haai staan nou op
Clamber Club boks hop hop!

Ek maak gereed vir ‘n hop ……….

Jog die padda sê spring spring op
Val nou neer net nie op jou kop
Jog die padda sê kruip weg, gou
Jog die padda sê nou “haai, hello”!


12. Padda

Daar was eenmaal ‘n padda
Wat sit op ‘n boomstomp
Met sy mond so wawyd oop
Lyk hy alte lomp
Steek sy tong uit ewe kordaat
Van só ‘n vlieg, my ou maat

Hy kou hard ‘n besie
Eet ‘n vliegie so vry
Verorber ‘n miggie
Spoeg uit ‘n by

Toe hy sy mond oop maak
Sê ek hey hey, hey hey!
Eet ‘seblief nie vir my

Hy smul aan ‘n wurmpie
Verorber ‘n vlooi
Hy knipoog vir my
En ek stap verby

 Toe hy sy mond oop maak
Sê ek hey hey, hey hey!
Eet ‘seblief nie vir my


13.  Muis

Dit is ‘n kleine muis
Wat speel nou oral rond
Dit is ‘n kleine muis
wat pret hê in sy huis

Skwiek skwiek skwiek
Skarrel en warrel en
Skwiek skwiek skwiek

Ag nee, kyk net, hier kom die kat
Hy’s ‘n grote vet lat
Kruip stadig sowaar
Vang muisies
Raar maar waar

Skwiek skwiek skwiek
Skarrel en warrel en
Skwiek skwiek skwiek

Kom kleine muis
Hardloop na jou huis
Hardloop hardloop, draf draf
Die honger kat gaan jou vang!


14. Stamp voete in waterpoele

Ek stamp voete in waterpoele
Met ‘n stamp stamp stamp   x2

Haai, kyk die reën val neer
Lekker! Doen dit weer
Ek stamp voete in waterpoele
Met ‘n stamp stamp stamp

Ek spring in waterpoele
Gee ’n groot, groot sprong  x2

Haai, kyk die reën val neer
Lekker, doen dit weer

Ek spring in waterpoele
Met ‘n groot groot sprong  x2


15. Vuurpyl

Klim gou in jou vuurpyl
Ons gaan in dit ry
Maak die deure styf toe
En maak jou gordel vas

En 5, 4, 3, 2, 1 en ons gaan
Op en op en af en af
Ja en op en op en
Weer af en af en af


16. Ek Hardloop So Vinnig

Ek hardloop so vinnig                                   
Ek hardloop so vinnig
Ek hardloop hardloop   x2

Vinnig soos weerlig
Aha aha aha

Ek loop so stadig                                          
Ek loop so stadig
So stadig sowaar

Kyk hier gaan ek ja!
Mmmm mm

Vinnig vinnig vinnig
En nou stadig
Stadig stadig stadig
Kyk na my hier gaan ek ……… aha


18. Asem in

Strek tot by die hoë dak
Nou af tot op die vloer
Strek tot by die dak
En dan weer af

Strek nou na die linkerkant
So ver as wat jy kan
Strek nou na die regterkant
Strek en rek

Lê op jou rug
Ogies styf toegemaak
Strek jou arms op en kyk
Of jy die dak kan raak
Met ogies styf, bot toe
En punt jou tone, sjoe!       

Asem in baie diep
En nou asem uit
Asem in baie diep
En nou asem uit


 

 

20. Klok Klok Kalkoen

Ek het ‘n kalkoen
Wat by my bly
Met ‘n klein rooi kennetjie
En smal ogies loop, hy vry

Hy waggel as hy loop
Waggel waggel loop loop
Hy praat “klok klok”
“Klok klok” loop, om die blok

Hy sprei sy vlerk
En skud sy kop
Vlieg dan skielik op
By sy nes is waar, hy stop

Hy waggel as hy loop
Waggel waggel loop loop
Hy praat “klok klok”
“Klok klok” loop, om die blok

Ek het ‘n kalkoen
Wat by my bly
Met ‘n klein rooi kennetjie
En smal ogies, loop hy vry


21. Warm Op Jou Spiere

Ko’s warm op ons spiere
En masjeer, waai ons arms
Sorg mooi vir ons spiere
En maak hul so warm

Dis Clamber Club tyd
Masjeer van noord na suid
Ons masjeer waai ons arms
En sorg mooi, en maak hul warm

Knik jou kop na links knik knik knik
Nou na regs, dis reg
Rol nou jou skouers rond en rond
Rol nou jou skouers en raak die grond

Strek nou na links, strek
Nou na regs strek
Swaai nou jou arms rond en rond
Strek nou jou arms en raak die grond

Strek linker been vooruit
Strek nou af
Strek regter been vooruit
Strek nou af
Sirkel jou enkels rond en rond
Buk nou laag af, en raak die grond

Ko’s warm op ons spiere
En masjeer, waai ons arms
Sorg mooi vir ons spiere
En maak hul so warm

Dis Clamber Club tyd kom
Masjeer van noord na suid
Ons masjeer waai ons arms
En sorg mooi, en maak hul warm


22. Lig Jou Bene

Lig jou regter been
Lig hoog op
Lig jou regter been
Moenie nou stop!   X2

Waggel waggel waggel
Hou my balans
Oee, ek val
Ag gee tog nog ‘n kans

Lig jou linker been
Lig hoog op
Lig jou linker been
Moenie nou stop   x2

Waggel waggel waggel
Ek balanseer
Oeps! Ek val
Ag nee wat
Ek kry nie seer


23. Borreltyd

Ons haal uit ons borrels
Blaas, ja kom ons blaas
Dit dryf so stadig op, en op
Doen dit sonder geraas

Dit sweef en dan stil, stop
Dit sweef en dan skielik “pop”
Stadig, grasieus
En verdwyn dan in die lug

Blaas blaas blaas dit weg
In die windjie wat waai
Grasieus en stadig
Dan ………. Pop!
Verdwyn in die lug

Ons haal uit ons borrels
Blaas, ja kom ons blaas
Dit dryf so stadig op, en op
Doen dit sonder geraas

Dit sweef en dan stil, stop
Dit sweef en dan skielik “pop”
Stadig, grasieus
En verdwyn dan in die lug

Blaas blaas blaas dit weg
In die windjie wat waai
Grasieus en stadig
Dan ………. Pop!
Verdwyn in die lug


24.  My Bal

Ek het ‘n bal en dit huppel en bons laf x3
Huppel op en af

Ek het ‘n bal en dit rol oral oor x3
Die tuin van agter tot voor

Gooi dit op en kyk waar dit val   x3
Vang! Dit is my bal!

Ek het ‘n bal en dit huppel en bons laf x2
Ek het ‘n bal en dit bonsie bons bons
Huppel op en af


25. Klap, Klap Hande

Klap klap hande voor jou
Klap klap hande bo jou kop
Klap na die linkerkant
Klap na die regterkant
En klap klap klap jou hande moet net nie stop

Klap klap hande op jou bobeen
Klap klap hande bo jou kop
Klap na die linkerkant
Klap na die regterkant
En klap klap klap jou hande moet net nie stop

Klap jou hande op jou tone
Klap jou hande raak jou neus
Klap na die linkerkant
Klap na die regterkant
En klap klap klap jou hande moet nooit nie stop


26. Goggas

Goggas, besies
Skoenlapper’s so mooi
Dinge wat kruip soos ‘n
Vlieg en vlooi

Bekruip, skarrel
Woerts warts en warrel
Party is sag ander’s luid
Vlieg soms in en uit

Sprinkane, tok tokkies
Fraaie besies en vlooi
Rusperwurms en bytjies
Vlieg rond, so mooi

Bekruip, skarrel
Woerts warts en warrel
Party is sag ander’s luid
Vlieg soms in en uit


27.  Bome

Bome bome
Verskillende soorte
Baie grootes stem jy saam
Ons sal dit beaam  

Bome bome
Verskillende soorte
Baie grootes stem jy saam
Ons sal dit beaam  

Een is dik en
Een is dun
Plat soos ‘n plank
Selfs hoog en lank

Bome bome
Waai saggies in die wind
Swaaiende waaiende
Lig in gewig boompie

Dis hoe hulle waai
Wie sou kon raai
Diè een is dik en lank en
Diè een is dun soos ‘n plank

Party is groot, party is klein
Party het blaartjies so fyn
Die een is rond maar almal
Groei, vanuit die grond

Bome bome
Verskillende soorte
Baie grootes stem jy saam
Ons sal dit beaam  


28. Tip Trok

Ek’s ‘n groot tip trok
Ek dra hope vuil gemors
Opgetel by ‘n morsjors
Ai, ek’s besig

Met groot en swaar gewig
Ry ek stadig, nie lig
My wiele die swig
Onder die rommel

Dan gooi ek alles uit
Gemors wat baie weeg
Gooi uit, dan’s ek weer leeg

Nou’s alles op die morshoop
My wiele begin weer loop
Ja alles op die morshoop
Ek’s gereed

Dan ry ek als is wel
My gemors om op te tel
Ek ry wiele loop
Na die morshoop

Dan gooi ek alles uit
Die gemors wat baie weeg
Gooi uit, dan is ek weer leeg

Ek’s ‘n groot tip trok
Ek dra hope vuil gemors
Opgetel by ‘n morsjors
Ai, ek’s besig

Met groot en swaar gewig
Ry ek stadig, nie lig
My wiele die swig
Onder die rommel

Dan gooi ek alles uit
Die gemors wat baie weeg
Gooi uit, dan is ek weer leeg


29. As Ek Skaam Is

As ek skaam is kyk ek net af
As ek skaam is voel ek glad nie laf
Ek kruip weg agter mamma
As ek skaam is x4

 

As ek skrik is my oë wawyd
As ek skrik skree ek soms luid
As ek skrik gaan ek “oe” en “aa”
As ek skrik   x3

As ek bang is kyk ek eers liks dan regs
As ek bang is bibber en bewe
As ek bang is, huil ek vir al wat lewe
As ek bang is   x3


30. Ons Spring By Clamber Club

Ons spring spring spring
By die Clamber Club
Ons draf draf draf
By die Clamber Club

Ons spring ons spring
By die Clamber Club
Os draf ou babba
Met Jog die padda

Ons hop na links
Hop hop hop
En na regs
Hop hop hop

Ons swaai ons arms rond en rond
En rond met lekker
Musiek in die agtergrond
Spring ons, spring spring spring


31. Boontjie Sak Balanseer

Ek vat ‘n klein boontjie sak
En sit dit op my kop
Ek loop nou rond en balanseer
Val dit af, dan sal ek stop

Kom ons loop, mmm…..
Ons loop
En nou ons wikkel
Kom aan ons wikkel!

Ek vat ‘n klein boontjie sak
En sit dit op my bors
Ek loop nou rond en balanseer
As dit val en breek gaan dit so mors

En nou loop mmm ……..
Ons loop
En nou wikkel en stop!


32. Dit Kon My Nie Kry

Daar was eendag ‘n monster
Wat gebly het onder my bed
My boetie sê “dit word snags wakker”
Gaan jou vang ek sal jou wed!

Hy maak muskiete so skrik
Hy vang vlooie in sy strik
Hy terg spinnekoppe wat ontwaak
Maar hy kon my nie skrik maak nie

Ek was alte vinnig vir hom
Ek trek skewe gesig
En alte rats skop ek hom stom
Met my hele gewig

Hy maak muskiete so skrik
Hy vang vlooie in sy strik
Hy terg spinnekoppe wat ontwaak
Maar hy kon my nie skrik maak nie


33. Springmielie Pop

Springetjie pop pop pop pop
Springetjie pop pop pop pop
Springetjie pop pop pop pop
Ek’s ‘n springmielie wat pop in die pot

Springetjie pop pop pop pop
Springetjie pop pop pop pop
Springetjie pop pop pop pop
Ek’s ‘n springmielie wat pop in die pot

 

Pop pop pop pop pop pop pop pop
Hoe meer ek pop
Wil ek nimmer nooit stop
Ek pop in die pot

Chillie, sout of barbeque
Wat sal jy verkies
Speel met al die geure rond
Proe lekker, in jou mond

Pop pop pop pop pop pop pop pop
Hoe meer ek pop
Wil ek nimmer nooit stop
Ek pop in die pot

Springetjie pop pop pop pop
Springetjie pop pop pop pop
Springetjie pop pop pop pop
Ek’s ‘n springmielie wat pop in die pot


 

35. Hardloop, Spring en Huppel

Hier gaan ons
Hard hard hardloop’s soveel pret   x2
Hard hard hardloop so vinnig
Hard hard hardloop
Nou …….  Stop!
Hard hard hardloop’s soveel pret

Spring spring spring is soveel pret   x2
Spring spring hoog en laag
Spring spring spring en nou ……  stop!
Spring spring spring is soveel pret

Hup hup huppel is soveel pret   x2
Hup hup huppel hier gaan ons
Hup hup huppel
En  ……….  Stop
Hup hup huppel is soveel pret!
Yippee!


36. Soos ‘n Soldaat

Staan regop soldaat as jy masjeer
Staan regop soldaat as jy masjeer

Kop omhoog ken opgelig
Skouers terug regop rug
Staan regop soldaat as jy masjeer

Swaai jou arms soldaat as jy masjeer
Lig daai bene ou meneer
As jy masjeer

Kop omhoog ken opgelig
Skouers terug regop rug
Staan regop soldaat as jy masjeer

Nou soldaat salueer as jy masjeer
Ja meneer salueer as jy masjeer

Kop omhoog ken opgelig
Skouers terug regop rug
Staan regop soldaat as jy masjeer

Staan regop soldaat as jy masjeer
Staan regop soldaat as jy masjeer


37. Tien Kleine Vingers

Ek het tien kleine vingers
Wat aan my behoort
Hul doen so baie dinge
Is enig van hul soort

Ek kan hul oopmaak so wawyd
Ek kan hul toemaak en toe sluit
Ek kan wys, ek kan tik
Ek kan hul wegsteek, moenie skrik

Ek kan hul hoog laat spring,
En dan weer laag
Kyk ek kan hul opkruip
Dis nou ‘n ding

Ek het tien kleine vingers
Behoort aan my
Kan hul beweeg met musiek
In harmonie, kan jy


41. Vervoer

Wroem wroem wroem
Ry nou in my karretjie
Wroem wroem wroem
Woesch woesch woesch
Vlieg nou in my vliegtuigie
Woesch woesch woesch

Tjoeketjoek tjoeketjoek tjoooek
Tjoek tjoek in die tjoekoek trein
Tjoeketjoek tjoeketjoek tjoooek

Ek bons op en af
Bons in my klein bootjie
Op en af


42. Beweeg Clamber Club

Beweeg Clamber Club beweeg
Beweeg daai lyfie beweeg
Skud jou lyfie nou skud dit
Skud jou lyfie nou skud!

Kom reg kom almal
Ons gaan 4 keer skud na regs
1, 2, 3, 4
En nou 4 keer skud na links
En 1, 2, 3, 4

Beweeg Clamber Club beweeg
Beweeg daai lyfie beweeg
Skud jou lyfie nou skud dit
Skud jou lyfie nou skud!

Kom nou almal lig jou linkerbeen en hop
1, 2, 3, 4
En nou lig jou regterbeen en hop
1, 2, 3, 4

Beweeg Clamber Club beweeg
Beweeg daai lyfie beweeg
Skud jou lyfie nou skud dit
Skud jou lyfie nou skud!

Kom nou almal nou gaan ons bietjie skop en boks
Ons gaan skop met ons linkerbeen en
Boks met ons regter arm
Hier gaan ons
Skop en boks, Skop en boks, Skop en boks
Lyk goed

Beweeg Clamber Club beweeg
Beweeg daai lyfie beweeg
Skud jou lyfie nou skud dit
Skud jou lyfie nou skud!
Ja!


43. Clamber Club Ja!

Ek sit my linker hand in
En my likerhand uit
My linkerhand in
En ek skud dit dat dit fluit

Ek wikkel en ek waggel en ek draai rond man
Dis waaroor dit alles gaan

O Clamber clamber club ja!
O Clamber clamber club ja!
O Clamber clamber club ja!
Dis waaroor dit alles gaan!

Ek sit my regter voet in
En my regter voet uit
My regter voet in
En ek skud dit dat dit fluit
Wikkel en ek waggel en ek draai rond man
Dis waaroor dit alles gaan!

O Clamber clamber club ja!
O Clamber clamber club ja!
O Clamber clamber club ja!
Dis waaroor dit alles gaan!

Ek sit my linkersy in
En my linkersy uit
My linkersy in
En ek skud dit dat dit fluit
Ek wikkel en ek waggel en ek draai rond man
Dis waaroor dit alles gaan

O Clamber clamber club ja!
O Clamber clamber club ja!
O Clamber clamber club ja!
Dis waaroor dit alles gaan!

Ek sit my hele lyfie in
En my hele lyfie uit
My hele lyfie in
En skud dit dat dit fluit
Ek wikkel en ek waggel en ek draai rond man
Dis waaroor dit alles gaan

O Clamber clamber club ja!
O Clamber clamber club ja!
O Clamber clamber club ja!
Dis waaroor dit alles gaan!


Click here to go back to the previous page...