
1. Dis Clamber Club tyd
Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom handjies klap
Dis Clamber Club tyd
Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom handjies klap
Dis Clamber Club tyd
Klap jou handjies
En stamp jou voetjies
Spring hoog in die lug
Dis Clamber Club tyd (x2)
Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd
Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd
Blaas ‘n soen
‘n Clamber Club soen
Spring in die lug
Dis Clamber Club tyd (x2)
Dis Clamber Club tyd (x2)
Handjies klap dis Clamber Club tyd
Dis Clamber Club tyd (x2)
Dis voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd
2. Superdee doeperdee dag
Superdee doeperdee blink helder dag
Zippetie zappetie almal wil lag
Sonskyn en vrolikheid dis als wat wag
Op die superdee doeperdee blink helder dag
Ai! Wat ‘n pragtige môre
Ai wat ‘n skitterende dag
Die son skyn mooi
Kom ons spring uit die kooi
Dis ‘n superdee doeperdee dag
Ai! Dis ‘n lekker gevoel
Ai wat ‘n goeie manier
Om fluks op te spring en kliphard te sing
Dis ‘n superdee doeperdee dag
Superdee doeperdee blinkhelder dag
Zippetie zappetie almal wil lag
Sonskyn en vrolikheid dis als wat wag
Op die superdee doeperdee dag
Aktiwiteite – Beweeg en sing op die musiek
3. Ons kuier by die see
Ons kuier by die see
My pa en ma en ek
Ons kuier by die see x2
Golfies spoel in en weg
Seemeeu vlieg skeef en dan reg
Gouebruin sagte see sand
Skulpies spoel uit op die land
Dolfyne spring op en duik hoog
Vissies blink soos die reëboog
Walvis, haai en seegras
Sien ons van die strand
Ons kuier by die see
My pa en ma en ek
Ons kuier by die see x2
Golfies spoel in en weg
Seemeeu vlieg skeef en dan reg
Gouebruin sagte see sand
Skulpies spoel uit op die land
Dolfyne spring op en duik hoog
Vissies blink soos die reëboog
Walvis, haai en seegras
Sien ons van die strand
Ons kuier by die see
My pa en ma en ek
Ons kuier by die see x2
Kom ons gaan pappa!
Aktiwiteite – Beweeg hande soos golwe, vlieg soos ‘n seemeeu, luister na die see geluid met hande op die oortjies, sit hande bymekaar en duik handjies soos dolfyne en sit hul bymekaar en swem soos ‘n vis.
4. Kom ons gaan vang vis
Kom ons gaan vang vis x2
‘n Grote
‘n Kleintjie
Een wat gaan swish swish
Vang hul met ons vingers
Vang hul met ‘n toon
Vang hul vinnig, as ons kan ko’s gaan, ko’s gaan, ko’s gaan
Kom ons gaan vang vis x2
‘n Grote
‘n Kleintjie
Een wat gaan swish swish
Vang hul met ‘n groot vis stok
Vang hul in ‘n net
Vang hul vinnig, as ons kan
Ek vang die meeste, kan jou wed
Vang hul met ‘n emmer
Vang hul met ‘n graaf
Vang hul vinnig as ons kan
Ko’s gaan, ko’s gaan, ko’s gaan!
Kom ons gaan vang vis x2
‘n Grote
‘n Kleintjie
Een wat gaan swish swish
Vang hul met ons vingers
Vang hul met ‘n toon
Vang hul vinnig, as ons kan ko’s gaan, ko’s gaan, ko’s gaan
Aktiwiteite – Maak arms wyd oop vir ‘groot’ en bring naby mekaar vir ‘klein’. By “swish swish” sit hande bymekaar en beweeg soos ‘n vis se stert. By ‘vang’ klap hande saam.
5. Ons hop
Ons hop nou op en af
Die musiek maak ons so laf
‘n Doebie doebie doe
‘n Sjoebie sjoebie sjoe
‘n Bie bop bop
‘n Didlie op
‘n Skoebie doebel
Diddel diddel dop
Klap 3 keer
Tik tone 2 keer
Trek skouers op
Doen dit weer!
Ons hop nou op en af
Die musiek maak ons so laf
‘n Doebie doebie doe
‘n Sjoebie sjoebie sjoe
‘n Bie bop bop
‘n Didlie op
‘n Skoebie doebel
Diddel diddel dop
Nou skouers op
‘n Bopdoeop
Skouers af
Bop bop ons is laf
Ons hop nou op en af
Die musiek maak ons so laf
‘n Doebie doebie doe
‘n Sjoebie sjoebie sjoe
‘n Bie bop bop
‘n Didlie op
‘n Skoebie doebel
Diddel diddel dop
Klik jou vingers
Klik klik klik
Beweeg jou hele lyfie
So saggies en glad
Ons hop nou op en af
Die musiek maak ons so laf
‘n Doebie doebie doe
‘n Sjoebie sjoebie sjoe
‘n Bie bop bop
‘n Didlie op
‘n Skoebie doebel
Diddel diddel dop
Aktiwiteite – Soos die liedjie dikteer
6. Tik tik
Tik tik net hier voor my
Tik tik kyk mooi na my x2
Tik tik net hier voor my
Kyk na my
Tik tik agter my rug x3
Kyk na my
Tik tik bokant my kop
Tik tik o moenie stop
Tik tik bokant my kop
Kyk na my
Tik tik net hier voor my x3
Kyk na my
Wieg heen en weer x2
Wieg heen en weer en weer
Wieg agter en voor x2
Wieg agter en voor en agter
Nou rond en rond x2
Nou rond en rond en rond
Wieg heen en weer x2
Wieg agter en voor en agter
Aktiwiteite – Gee jou kind iets veiligs om mee te tik. Dit kan ‘n teelepel, ‘n lee plastiek bottel of ‘n roomys stokkie wees. As jy niks het nie, tik met jou hande. Beweeg liggaam van sy tot sy, voorentoe en agtertoe en rol kop of hande in die rondte.
7. Springende snaakse apie
Springende snaakse apie
Spring op, af en rond
Springende snaakse apie
Land nou op die grond
Springende snaakse apie
Spring nou in die lug
Springende snaakse apie
Spring sonder ‘n sug
Springende snaakse apie
Hy spring hard op die bed
Apie spring sonder om te stop
En val op hard op sy kop!
Eina!
Aktiwiteite – Gebruik ‘n sagte speelding om die aksies mee te doen.
.
8. Die muis kruip in sy huis
Die groot muis kruip in sy huis x2
Sy snoet so groot
Hy sit vas in sy sloot
Die muis sit vas in sy huis
Stoot hom, trek hom, ag nee hy sit vas
Stoot hom en trek hom ag wat ‘n las
Wikkel en kielie en trek hard hy’s vry!
Die muis is vry uit sy huis.
Aktiwiteite – Sit jou wysvinger in jou ander hand en hou dit styf vas. Gee voor dat jou vinger die muis is en jou ander hand die huis. Jou kind mag dit geniet met jou vinger in sy hand wat hy hard kan druk sodat jy dit nie uitkry nie. Hierdie aktiwiteit maak klein vingertjies sterk.
9. Tien kleine vingers
10 kleine vingertjies staan regop
5 begin beweeg
5 sê “stop”
Kom ons sit ons vingers bymekaar
En druk druk druk
Dit lyk soos ‘n vliegtuig sowaar
Woesch woesch woesch
10 kleine vingertjies staan regop
5 begin beweeg
5 sê “stop”
Kom ons sit ons vingers bymekaar
En druk druk druk
Dit lyk soos ‘n vliegtuig sowaar
Woesch woesch woesch
Aktiwiteite – Wanneer vingerpunte saam is, sluit die hande in ‘n biddende posisie en beweeg hulle saam om soos ‘n vliegtuig te vlieg.
10. My kop my magie
My kop my magie my knieë my tone x3
Ko’s klap klap klap tesame
My gesig my skouers my heupe my tone x3
Ko’s klap klap klap tesame
My oë my ore my mond my neus x3
Ko’s klap klap klap tesame.
Aktiwiteite – Raak elke liggamsdele soos dit genoem word.
11. Die herfswindjie
Die windjie waai, die takke swaai
Die blare val saggies af
Die windjie waai, die koue kom gou
Dis herfstyd wat nou sê “hello”
Die herfskleure is alte mooi
Die geelbruin en die helderste rooi
Oranje en goud en blare so pers
Lê dik soos ‘n lappie kombers
Die beer begin sy winter slaap
Die eekhoring maak kos bymekaar
Die diertjies gaan nou na hul huis
Toe ogies, slaap jul is veilig tuis.
Die windjie waai, die takke swaai
Die blare val saggies af
Die windjie waai, die koue kom gou
Dis herfstyd wat nou sê “hello”
Aktiwiteite – Gee jou kind ‘n sneesdoekie, hou dit op en blaas op dit sodat dit beweeg. Hoe hard kan jy dit blaas? Kan jy dit uit jou hande blaas? Kan jy die windjie sag en dan hard blaas? Elke keer wat jy hoor ‘die windjie waai’ blaas die sneesdoekie om die uitwerking van die wind te sien.
12. Ons masjeer nou!
Ons masjeer nou om die heuwel
Links regs links regs hier gaan ons
Knieë hoog en swaai daai arms
Koppie hoog masjeer sowel
Ons masjeer nou om die heuwel
Hier gaan ons
Ons stamp ons voete om die heuwel
Links regs links regs hier gaan ons
Knieë hoog en swaai daai arms
Koppie hoog stamp ons voete sowel
Ons stamp ons voete om die heuwel
Hier gaan ons
Hier gaan ons
Ons huppel om die heuwel
links regs links regs hier gaan ons
Knieë hoog en swaai daai arms
Koppie hoog huppel sowel
Ons huppel om die heuwel
Hier gaan ons
Aktiwiteite – As jy in die motor is, kan jy die volgende aksies doen: Masjeer – swaai arms, Stamp – slaan hande op jou heupe, Spring – klap hande. Of gebruik ‘n teddy of poppie om die aktiwiteite te doen.
13. Wikkel liedjie
Wikkel nou na links
En wikkel nou na regs
Skud jou hande so hard as jy kan
Wikkel na die linkerkant en
Wikkel na die regterkant
Skud jou hande so hard as jy kan
Streeeek nou op
Hoog hoog hoog hoog
Hoog soos jy kan
Nou laag af
Laag laag laag laag
Laag soos jy kan
En streeeek nou op
Hoog hoog hoog hoog
Hoog soos jy kan
Nou laag af
Laag laag laag laag
So laag soos jy kan
En wikkel nou na links
En wikkel nou na regs
Skud jou hande so hard as jy kan
Wikkel na die linkerkant en
Wikkel na die regterkant
Skud jou hande so hard as jy kan
14. Daar op die plaaswerf
Oink oink meê meê woef woef moe
Kloek kloek hie hie koekeroekoekoe!
Daar op die plaaswerf
Daar melk ek ‘n koei
Ry op die flink perde
Voer varkies, ag foei
Oink oink meê meê woef woef moe
Kloek kloek hie hie koekeroekoekoe!
Daar op die plaaswerf
Voer ek die hoenders
Ek sit op ‘n trekker
Ploeg die veld, dis lekker
Oink oink meê meê woef woef moe
Kloek kloek hie hie koekeroekoekoe!
Daar op die plaaswerf
Vee ek fluks die skuur
Ek skeer ook skoon ‘n skaap
Waar hul gaan slaap
Aktiwiteite – Maak diere geluide en maak of jy die plaas diere is. Gebruik ‘n leë plastiek water bottle. Sit klein klippies of muntstukke in dit. Maak seker jou kind kan nie die bottel oop maak nie. Gebruik dit vir ‘n musiek instrument.
15. Kyk ek groei
Kyk ek groei
Van my kop tot my tone
Eers was ek klein
Maar almal sal weet
Ek’t gegroei toe geleer lees
En nou’s ek so groot soos ek kan wees
Kyk ek groei
Van my kop tot my tone
Eers was ek klein
Maar soos almal weet
Ek’s nou lank
So lank soos ek kan wees
Kyk nou mooi
Ek’t gegroei, gegroei
Aktiwiteite – Buig laag af, en maak of jy groot word en strek so hoog as wat jy kan.
16. Die leeu en die luiperd
Die leeu en die luiperd en die tier
Het geruk en rol
Om ‘n pot vol goud te wen
Moes hul net dans en “jol”
Toe die musiek sê “stop”
Toe stop hulle
Toe die musiek sê “gaan”
Toe dans hulle
Die leeu en die luiperd
En die tier dans heeldag
Hul vergeet van die pot vol goud
Die musiek laat hulle lag
Toe die musiek sê “stop”
Toe stop hulle
Toe die musiek sê “gaan”
Toe dans hulle
Die leeu en die luiperd en die tier
Het geruk en rol
Om ‘n pot vol goud te wen
Moes hul net dans en “jol”
Toe die musiek sê “stop”
Toe stop hulle
Toe die musiek sê “gaan”
Toe dans hulle
Die leeu en die luiperd
En die tier gaan vrolik tuis
Hul dans terwyl hul slaap
En smul aan hul roomys!
Aktiwiteite – As jy in die motor is dans in jou stoel op die musiek. Wanneer dit sê stop – hou op beweeg, wanneer dit sê gaan, beweeg weer. Sien wie kan die beste stop sonder om te beweeg.
17 Slaap baba slaap
Slaap baba slaap
Slaap ‘n diepe slaap
Mamma lief jou, pappa sal wag
Tot jy wakker word, einde van die nag
Slaap baba slaap
Ek tel die skapies
Slaap sag ek kan jou wed
Wees rustig, snoesig in jou bed
Slaap baba slaap
Die sterretjies sal oor jou waak
En met liefde liggies aan jou raak
Met al my liefde wat ek gee
Slaap baba slaap x2
Aktiwiteite – Sing vir jou kind, of laat jou kind sy teddy aan die slaap maak.
18. Jog die padda sprong
Kan jy spring kan jy aha
Kan jy spring soos ‘n padda aha
Kan jy Jog padda spring, spring padda aha
Spring nou na links aha
Spring nou na regs aha
Spring nou na links
En spring nou na regs
Spring, spring kyk nou is jy weg!
Spring vorentoe, spring aha
Spring agtertoe, spring aha
Spring vorentoe en
Spring agtertoe
Groot sprong spring spring spring
En klap
Aktiwiteite – Spring op jou eie, of ma of pa kan jou op lig om te spring of as jy in die kar is vat jou sagte speelding en spring met hom op en af, na die linkerkant dan na die regterkant en na voor en na agter.
|
19. Ek’s ‘n kleine skoenlapper
Ek’s ‘n kleine skoenlapper
Fladder orals rond
Ek fladder my vlerke
Ek vlieg fluks rond en bont
Gebore as ‘n ruspertjie
Kruip ek stadig op
Tot binne in ‘n koekonnetjie
Kruip ek in net ek alleen
Stadig stadig stadig
Ek groei net aan en aan
Totdat ek so groot was
Ek moes buite toe gaan
Na die grote wêreld
Uit my klein koekon
Word ek toe ‘n sloenlapper
Wat oral rond kan vlieg
En nou is ek ‘n skoenlapper
Wat my vlerkies fladder
Ek fladder oral rond
Vlieg op en weg!
Aktiwiteite – Maak of jy skoenlappertjies is en jou vlerkies klap, beweeg soos ‘n ruspe en maak jouself klein om in ‘n kokon te pas.
20. Ek’s ‘n besige bytjie
Ek’s ‘n besige bytjie
Kyk net na my
Ek’s ‘n besige bytjie
Ek sal jou wed
Ai, daar’s nooit tyd vir pret nie
Bzz Bzz Bzz die hele dag,
Ek’s so besig besig besig
G’n tyd om te wag
Ek werk heeldag net
Geen tyd vir pret
Ek maak soete heuning
Wat jou laat spring
Ek’s ‘n besige bytjie
Kyk net na my
Ek’s ‘n besige bytjie
Ek sal jou wed
Ai, daar’s nooit tyd vir pret nie
Ek het 6 beentjies
Ek het 5 ogies
En 2 klein vlerkies
Wat my laat vlieg en vlieg
‘n Byekorf is waar ek bly
‘n swerm bye daarby
Ek maak selfs waks
Is fluks, en so rats
Asseblief verskoon my want
Ek’s ‘n besige bytjie
Kyk net na my
Ek’s ‘n besige bytjie
Ek sal jou wed
Aktiwiteite - Maak of jy bye is – Gebruik die liedjie om te beskryf wat bye doen en maak, en dat hulle kan steek.
21. Vorms
Vorms vorms vorms vorms
So baie verskillende vorms x2
Hou my ‘n sirkel
Ek is rond ja rond
G’n hoeke en geen kante
Want ek is rond rond rond
Hul noem my ’n vierkant
Want daar’s 4 hoeke en 4 kante
Die blok het 4 hoeke
Ja ‘n vierkant met 4 kante
Ek is ‘n driehoek
‘n driehoek het 3 hoeke
En 3 kante
Tel dit so 1, 2, 3
Vorms vorms vorms vorms
So baie verskillende vorms x2
Aktiwiteite - Teken die vorms met jou vingers in die lug. Soek voorwerpe in die kar wat vorms het bv, die stuurwiel is rond, die hoek venstertjie is ‘n driehoek, en die knoppe op die peneelbord is ‘n vierkant.
22. My vingers begin toe stap
My vingers begin toe stap
My vingers begin toe stap
Een mooi dag
My vingers begin toe spring
My vingers begin toe spring
Een mooi dag
My vingers begin toe wikkel
My vingers begin toe wikkel
Een mooi dag
Uitgeput gaan slaap hul toe
Uitgeput gaan slaap hul toe
Een mooi dag
Eers sit duimpie sy koppie neer
En toe slaap wysfinger
En langeraad
En ring vinger
En toe die pinkie
Sssh, kyk hulle slaap
Aktiwiteite – Loop, flikker en wikkel jou vingers, dan vou elkeen in die palm van jou hand om te slaap.
23. Ek ry my kar
Wroem wroem wroem
Wroem wroem
Toet toet
Wroem wroem wroem
Wroem wroem
Toet toet
Ek ry nou in my kar
Ek ry nou baie ver
Op die pad en oor die heuwel
Onder die brug
En om die sirkel
Ry ry ry baie ver
Ry ry ry nou in my kar
Wroem wroem wroem
Wroem wroem
Toet toet
Wroem wroem wroem
Wroem wroem
Toet toet
Ek ry nou in my kar
Ek ry nou baie ver
Ek draai nou links
Dan draai ek weer regs
Stop by die stopteken
Daar blink my briekliggie
Woerts daar gaan ek weer
Ek ry so flink sowaar
Wanneer, ja wanneer
Kom ek nou daar
Wroem wroem wroem
Wroem wroem
Toet toet
Wroem wroem wroem
Wroem wroem
Toet toet
Ek ry nou in my kar
Ek ry nou baie ver
op die pad en oor die heuwel
Wroem wroem wroem
Wroem wroem
Toet toet
Aktiwiteite – Maak of jy ‘n stuurwiel vashou en bestuur. Beweeg na die aksies. As jy ‘n klein speel karretjie het, stuur die karretjie volgens die liedjie.
24. Gee ‘n drukkie
Gee ‘n drukkie sag
As iemand nie kan lag
Gee ‘n drukkie sag
As iemand iets slegs verwag
Kom wees sagmoedig
Jy sal vrede vind
Gee liefde dis my wens
Aan pa, ma en kind
Die liefde maak
Van jou ‘n beter mens
Gee ‘n warm glimlag
Aan ‘n vreemdeling wat wag
Glimlag van oor tot oor
Self as niemand jou kan hoor
Kom wees sagmoedig
Jy sal vrede vind
Gee liefde dis my wens
Aan pa, ma en kind
Die liefde maak
Van jou ‘n beter mens
Gee ‘n bietjie warmte
As iemand so koud kry
Gee ‘n bietjie warmte
Selfs ‘n handdruk
Maak mens bly
Kom wees sagmoedig
Jy sal vrede vind
Gee liefde dis my wens
Aan pa, ma en kind
Die liefde maak
Van jou ‘n beter mens
Aktiwiteite – Liefkoos tyd
25. Buig En draai
Buig en draai, buig en draai
Buig en draai en buig
Buig en draai, buig en draai
Buig en draai en buig
My lyfie kan buig
My lyfie kan draai
My elmboë
My skouers
My nek
My gewrig
Buig en draai, buig en draai
Buig en draai en buig
Buig en draai, buig en draai
Buig en draai en buig
My lyfie kan buig
Kyk hoe buig ek
My heupe
My enkels
My tone
Kyk na my
Buig en draai!
Aktiwiteite – Kyk na al die liggaamsdele wat jy kan buig en na watter kante toe jy dit kan buig. Buig dit soos die liedjie dikteer.
26. Wieg my baba
Wieg my baba
Wieg my heen en weer
Tel my op en laat ons vlieg
Oe ek kan nie keer!
Draai my baba
Draai my rond en rond
Tel my op en laat ons vlieg
Op die musiek
Dans met my baba
Ba ba ba boogie ba ba boe
Dans my vinnig rond en bont
Dis lekker, haai sjoe!
Wieg my baba
Wieg my heen en weer
Tel my op en laat ons vlieg
Oe ek kan nie keer!
Draai my baba
Draai my rond en rond
Tel my op en laat ons vlieg
Op die musiek
Dans met my baba
Ba ba ba boogie ba ba boe
Dans my vinnig rond en bont
Dis lekker, haai sjoe!
Aktiwiteite – Doen die aksies met jou sagte speelding.
27. Die sirkus
Ons gaan nou na die sirkus x2
Kry die kaartjies staan in die tou
Kom aan man, maak gou
Die sirkus, die sirkus
Dis ure se heerlike pret
Hansworse val van ver, vooroor
Gelukkig is daar ‘n net
Die sirkus, die sirkus
Slim diertjies doen toertjies
Perde gallop gallop
Balanseer fiks en so fiets
Die sirkus, die sirkus
Die akrobaat swaai heen en weer
Slaan bolle makiese en kyk
Hy val glad nie eers neer!
Die sirkus, die sirkus
Alles en almal draai rond
Die towernaar sê
Hard klap! Van die grond
Die sirkus, die sirkus
Die mense lag en buig
Komaan almal klap hard
Vir die sirkus en juig
Die sirkus, die sirkus
Almal wil hier bly
Hoera dis pret, hoera dis pret
Wat sê jy?
Saam was ons by die sirkus
Saam het ons soveel pret
Ons het ons self
Gate uit geniet
Hoera hoera hoera!
Aktiwiteite: Verbeel jou jy is by die sirkus en neem deel aan die pret.
28. Twee kleine handjies
Twee kleine handjies gaan
Klap klap klap x2
Twee kleine voetjies gaan
Tik tik tik x2
Een kleine koppie gaan
Knik knik knik
Twee kleine handjies gaan klap klap klap
Twee kleine voetjies gaan tik tik tik
Een kleine koppie gaan knik
Twee kleine handjies gaan
Klap klap klap x2
Twee kleine voetjies gaan
Tik tik tik x2
Een kleine koppie gaan
Knik knik knik
Twee kleine handjies gaan klap klap klap
Twee kleine voetjies gaan tik tik tik
Een kleine koppie gaan knik
29. Kantel my oor
Kantel my kantel my oee
Kantel my kantel my aah
Tip my na die eenkant
Tip my na die anderkant
Tip my nou onderste bo
En swaai my nou so mamma
Kantel my na die eenkant
En kantel my na die anderkant
Ek gaan val oe ek gaan val
Vang my gou mammie asseblief
Aktiwiteite – Gee jou kind ‘n pop, teddy of enige sagte speelding. Wys jou kind hoe om haar baba op haar knie te bons en tip die baba van kant tot kant en onderste bo saam die musiek en dan aan die einde van die liedjie maak of sy gaan val.
30. Die monster
Ons klim tot bo op die hoë berg
Daar sien ons iets vreemds
Dit was wreed ja dit was erg
Haai nee stop
‘n Groot blou harige monster
Met oë so wyd en so wreed
Skree toe hard
Dans met my!
Anders gaan jul swaarkry
Kaboem gaan die monster
Doef doef doef
En stamp en stoot en bons
En gluur so strak laat dit gons
Toe die koue mis opklaar
Dans hy nog steeds sowaar
Die pret het pas begin ou swaer
Lag hy, dis raar maar waar
Toe dans ons almal so doef doef
Ons dans selfs in die groef
Ons brul en brom
Soos ‘n bulleboef
Skielik glimlag hy so breed
Lyk glad nie meer so wreed
Dis toe altyd pret kom almal dans
Hier’s nog ‘n kans!
Kaboem gaan die monster
Doef doef doef
En stamp en stoot en bons
En gluur so strak laat dit gons
Toe die koue mis opklaar
Dans hy nog steeds sowaar
Die pret het pas begin ou swaer
Lag hy, dis raar maar waar
Aktiwiteite – Maak of julle monsters is. Maak lelike gesigte, maak dat julle lywe bangerig is en beweeg op die liedjie asof jy ‘n monster is.
31. Huppel jellie boontjie
Ek’s ‘n huppel jellie boontjie
Ek spring en huppel rond
Ek spring heen en weer, rond en bont
Land altyd op die grond
In my been is daar ‘n spring veertjie
Dis hoe dit voel
Kyk hoe dit bons, wikkel en boing
Ai, maar dit kan woel!
O huppel huppel jellie boontjie
Springetie springetie spring
‘n Hoppetjie hop sonder stop
Haai amper val ek op my kop
In my been is daar ‘n spring veertjie
Dis hoe dit voel
Kyk hoe dit bons, wikkel en boing
Ai, maar dit kan woel!
O huppel huppel jellie boontjie
Springetie springetie spring
‘n Hoppetjie hop sonder stop
Haai amper val ek op my kop
Aktiwiteite – Gee jou kind ‘n teddy of pop om saam met die liedjie te bons.
32. Ons gaan huis toe
Ons gaan huis toe gaan huis toe
Aan die einde van die dag
Ons gaan huis toe gaan huis toe
Dis laat en amper nag
Ai daar was hope pret
Daar was gelag
Geswem en gespeel
Die hele dag
Resies gedraf en
Fiets gery oe
En ons het ook baie
Lekker kos gekry
Ons gaan huis toe gaan huis toe
Aan die einde van die dag
Ons gaan huis toe gaan huis toe
Dis laat en amper nag
Huis toe na my bed
Daar’s speelgoed wat wag
Vertel vir pa en
Hondjie van al die gelag
Huis toe na my teddie beer
Huis toe maar toemaar
Môre doen ons dit weer
Mm wat sê jy meneer?
Ons gaan huis toe gaan huis toe
Aan die einde van die dag
Ons gaan huis toe gaan huis toe
Dis laat en amper nag
33. Sterretjies
‘n Ster wat skitter
Hoog in die lug
‘n Ster wat skitter
Met helder lig
Sterre skyn in die hemel
‘n Ster skyn in die nag
Sterre wys daar altyd
Liefde en warmte wat wag
Skitter skitter sterre in die lug
Slaap soet in droomland
Gee ‘n tevrede sug
Sterre skyn in die hemel
‘n Ster skyn in die nag
Sterre wys daar altyd
Liefde en warmte wat wag
Skitter skitter sterre in die lug
Aktiwiteite – Flikker jou vingers soos sterre. Sterre van die hemel – lig arms en wys na die hemel, gevul met liefde – druk julself. As julle in die nag reis, wys die sterre uit vir jou kind.
34. Clamber Club totsiens
Die Clamber Club se tyd is om
Ons moet nou huis toe gaan
Ons het geklim gekruip gelag
Haai wat ‘n lekker dag
Waai jou handjies heen en weer
Waai hul nog ‘n keer
Huis toe tyd dis huis toe tyd
Ons sien jou môre weer
Kom handjies klap
En voetjies stamp
Spring om hoog
Dis huis toe tyd
Ons sien jou môre weer
Waai jou handjies heen en weer
Waai hul nog ‘n keer
Huis toe tyd dis huis toe tyd
Ons sien jou môre weer
Tata paddatjie
Tata almal
Tata Clamber Club!
Click here to go back to the previous page...
|