
1. Clamber Club liedjie
Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom handjies klap
Dis Clamber Club tyd
X2
Klap jou handjies
En stamp jou foetjies
Spring hoog in die lug
Dis Clamber Club tyd (x2)
Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd
X2
Blaas n soen
N Clamber Club soen
Spring hoog in die lug
Dis Clamber Club tyd (x2)
Dis Clamber Club tyd (x2)
Handjies klap dis Clamber Club tyd
Dis Clamber Club tyd (x2)
Dis voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd
2. Ligaamsbewegings
Klap klap handjies klap
Stamp stamp voetjies stamp
Rol rol handjies rol
Stamp jou voetjies
En bewe soos n rietjie
Val op die vloer
En kielie jou magie
Aktiwiteite: Doen bewegings soos die liedjie se..
3. Flik vingertjies
Ek flik my kliene vingertjies (x3)
Flik, flik, flik.
Ek maak my vingertjies oop en toe (x3)
Oop, toe en flik
Ek gee my vingertjies n drukkie (x3)
Druk, druk, druk
Ek tel my kliene vingertjies (x3)
1234567,8,9,10
Aktiwiteite: Maak vingertjies oop en toe, druk elke vingertjie en tel elke vingertjie.
4. Op my bootjie
Ek sit in my bootjie
In die middel van die see
Ek sit in my bootjie
O kom kyk na my
Ek le in my bootjie
In die middel van die see
Ek le in my bootjie
Ek’s tog so tevree
Ek skarrel in my bootjie
In die middel van die see
Ek skarrel in my bootjie
O ag nee
Ek val uit my bootjie
in die middel van die see
ek val uit my bootjie,
o ag nee!
Ek sit in my bootjie
In die middel van die see
Ek sit in my bootjie
Ek’s tevree
Ek hurk in my bootjie
In die middel van die see
Ek hurk in my bootjie
Wat wil jy nou meer
Ek skarrel in my bootjie
In die middel van die see
Ek skarrel in my bootjie
O ag nee
Ek val uit my bootjie
in die middel van die see
ek val uit my bootjie,
ek val nie meer!
Aktiwiteite: Sit op n kussing op die vloer, maak of jy n boot is en doen die aksies.
5. Waar is jy?
Baba Misha baba Misha
Waar is jy?
Hier is ek, hier is ek
Kom kry my gou
Kleine Daniel kleine Daniel
Waar is jy?
Hier is ek hier is ek
Kom kry my
Waar is jy waar is jy
Teddie beer?
Hier is ek hier is ek
Kom gee my n soentjie weer
Aktiwiteite: Vat n kombers en kruip daaronder weg, lig die kombers op en “Peek A Boo”
6. Galop galop
Ek galop ek galop aan
Ek galop en ek sing ook saam
Nes n ponetjie
Galop galop
N saal op my rug galop galop
Galop galoperdy, lop galoperdy saam
Ek hop hop hoperdie saam
Ek hop en ek sing ook saam
nes n kleine hasie hop hop hop
Eet ek aan n wortel chomp chomp chomp
Ek hop hop hoperdie, hop hop hoperdie saam
Ek kruip kruip kruiperdie saam
Ek kruip want en ek sing ook saam
Nes n gladde wurm kruip kruip kruip
Glibberig en drillerig kruip kruip kruip
Ek kruip kruip kruiperdie, kruip kruip kruiperdie saam
Aktiwiteite: Beweeg soos die verskillende diere.
7. Voor en Agter
Vorentoe, agtertoe
Voorentoe en agtertoe voorentoe en agtertoe
En ons spring hop hop
Voorentoe en agtertoe voorentoe en agtertoe
Draai om en stop stop stop
Voorentoe en voorentoe x2
En ons spring hop hop
Agtertoe en agtertoe x2
draai om en stop stop stop
Nou vinniger!
Aktiwiteite: Hou jou baba en beweeg soos die liedjie se. Ander kinders kan die aksies self uitvoer.
8. Ek kielie jou
Wieggeldie waggeldie woen, ek kielie jou onder jou toon
Wieggeldie waggeldie ween, ek kielie jou op jou been
Wieggeldie waggeldie waag, ek kielie jou op jou maag
Wieggeldie waggeldie wek, ek kielie jou op jou nek
Wieggeldie waggeldie woen, ek kielie en gee jou n soen!!
Mwa!
Aktiwiteite: Soos die liedjie aandui. Jy kan jou kind ook op jou kniee wip.
9. Waar is dit?
Ek trek my skoen aan my voet
Ai my voet is weg
Haai wat sal ek doen
Ek trak my handskoen aan
En my hand is weg
Wat sal ek doen
Ek sit my hoed op my kop
En my kop is weg
Haai wat sal ek doen
Ek trek my skoen uit
Ek trek my handskoen uit
Ek haal my hoed ook af
My voet en my hand en my kop is gelukkig hier
Ai wat n plesier!!
Aktiwiteite: Neem skoene, n hoed en handskoene en trek dit aan. Praat oor jou liggaamsdele en watter klere jy aan het. Wys jou baba wat gebeur as jy klere aan jou liggaamsdele aantrek. Kyk of jou ouer kind die aksies kan doe nom die klere aan en uit te trek.
10. Stamp stamp stop.
Stamp stamp stamp
Beweeg ek om
Dan sweeg ek heen en weer
En dis heerlik elke keer
Stamp stamp - stop!
Stamp stamp stamp
Beweeg ek om
Dan spin ek heen en weer
En dis heerlik elke keer
Stamp stamp – stop!
Stamp stamp stamp
Beweeg ek om
Dan skud ek heen en weer
En dis heerlik elke keer
Stamp stamp - stop!
……stamp!
Aktiwiteite: Doen die aksies soos die liedjie bepaal, en vries wanneer die liedjie so se. Moet nie beweeg voordat die musiek weer begin nie.
11. Taai en morsig
Ek’s taai en ek’s vuil
en n regte ou morsjors
dis lekker om tai en n morsjorg to wees
ek’s tai en ek’s vuil
en n regte ou morsjors
ag mama moet my nie skoon maak nie nee!
ek’s tai en ek’s vuil
en n regte ou morsjors
dis lekker om tai en n morsjorg te wees
reg oor my lyfie, my handjies en voetjies
nee mama moet my nie skoon maak nie nee!
12. Tromslanertjie
Ek is n trommer
en ek speel die dromme
drommedie drom, kielie jou stom
met my stokke slaan ek rond
slaan ek die dromme
trommedie dom
Eks n kitaar speler
Dis wat ek is
Ek kielie die snare
Dit doen ek gewis
Ek bespeel dit hier
Ek bespeel dit daar
Ek kielie elke snaar
En wat speel jy?
Ek speel trompet
Ek speel harp
Ek speel banjouw
Ek speel klavier
Kom ons speel almal saam
Kom ons speel in n orkes
Drommedie drom
Kielie jou stom
Ons speel orkes!
Aktiwiteite: Maak of jy elke instrument bespeel en dans volgens die verskillende ritmes.
13. Loop in n sirkel
Ek loop, ek loop in die rondte
Ek loop ek loop so lekker aan
Ek loop, ek loop in die rondte
Dan draai ek om en ek hardloop
Ek hardloop ek hardloop in die rondte
Ek hardloop ek hardloop o dit is so lekker
Ek hardloop ek hardloop in die rondte
Ek hardloop ek hardloop lekker aan
Dan draai ek om en ek hardloop
Ek gaan jou nou vang…het jou!
Aktiwiteite: Jaag jou kind en vang hom.
14. Die krokodil
Daar was n grote krokodil
Hy het n bree glimlag
Sy kake gaan hap hap hap
Soos hy eet en hy glimlag
Daar was n donse voeltjie
Sy danse was so sag
Hy vlieg vlieg vlieg so hoog
Sy vlerke vlap vlap vlap
Daar was n snaakse snaakse paddatjie
Hy sit graag op sy walletjie
Hy spring spring spring
Hy hop en spring – soos n lekker ding!
15. My hande rol
Ek rol my handjies rol my handjies
rol rol rol
Ek rol my handjies rol my handjies
rol rol rol
ek swaai my arms swaai my arms
swaai hul op en af
ek maak hul oop
ek maak hul toe
ek maak hul oop en toe
ek swaai hul hier
ek swaai hul daar
ek swaai hul oorals rond
Aktiwiteite: Rol hande, flap elmboe, maak arms oop en toe oor die liggaam, boks met die hande in die lug.
16. Waar o waar?
Waar o waar is my klein Willie
Ek kan hom nerens vind
Waar o waar is my klein Willie
Waar is hy ja hy is weg!
Kruip hy weg in die kas
Kom ek kyk of hy inpas- nee!
Is hy onder die kooi
Kom kyk ag kyk nou mooi
Waar o waar is my groot Robert
Ek kan hom nerens vind
Waar o waar is my groot robert
Waar is hy ja hy is weg
Is hy agter die gordyn
Hoe kan hy dan so verdwyn
Is hy bo op die dak
Nee hy sal dit nooit aanpak nie
O Waar o waar is my twee rukkers
Ek kan hul nerens vind
Hier is ek, hier is ek
Daar is julle o ek’s so bly
Kom gou hier en bly by my
Aktiwiteite: Se vir jou kind om weg to kruip, en sing saam asof jy hom nie kan vind nie.
|
17. Klipperdie klop
n klipperdie klapperdie klipperdy klop
n klipperdie klapperdie klop x2
Boom!
N wiegeldie, waggeldie wieggeldie wieg
N wiegeldie waggeldie wieg x2
Boom!
N tik en n tak en n tik en n tok
N tik en n tak en n tok x2
Boom!
Aktiwiteite: Sit jou kind op jou knieg en wip hom op en af..
18. Boontjie sakkie ruk
Gryp jou boonjiesakkie en kom!
Skud skud skud
Skud jou boontjiesakkie
Skud skud skud
Skud hom nou
Lug jou boointjiesakkie om hoog
Hou hom hoog in die lug
Strek jou arms oor en oor
Strek jou toointjies
Rek jou rug
Strek en rek hom hoog in die lug
Plaas jou sakkie laag op die grond
Le plat op jou maag
Laag op die grond
Skud ons rond
Sit jou sakkie laag op die grond
Gooi hom hoog in die lug en weeeeee!
Aktiwiteite: Neem n “boontjiesakkie” skud dit, lig op en gooi dit.
19. Lekker lawwe beer
Ek’s n lekker lawwe beer
Ek kruip weg
Nous ek nie meer
Lekker lawwe (x2)
lekker lawwe beer
eks n lekker lawwe beer
nous ek terug
nous ek weer hier
Lekker lawwe (x2)
leker lawwe beer
eks n lekker lawwe beer
klim op my rug
hou vas – kom probeer
Lekker lawwe (x2), leker lawwe beer
Aktiwiteite: Sit jou kind op jou rug en maak of julle bere is,
20. Tsjoeka klein trein
Ek sit hier op die stasie
Ek wag hier vir die treintjie
Dit vat so vreeslik lank
Dit maak my amper mal!
Tsjoeka tsjoeka tsjoeka klein trein (x2)
Stadig stadig stoom hy op
Stadig stadig stadig
Tsjoeka tsjoeka tsjoeka klein trein (x2)
Nous ons bo heel bo
En nou kom ons weer aaaaaf
Vinnig (x4)
Stoom so vinnig aan!
Tsjoeka tsjoeka tsjoeka klein trein (x2)
Tsjoeka (x8)
Tsjoeka tsjoek fluit hy!
Aktiwiteite: Hou aan mekaar vas op die heupe, beweeg stadig as die trein bult op gaan, en vinnig bult af.
21. Ek strek
Ek strek my uit
So ver soos wat ek kan
Op my toonjies nou
strek
Ek buk af laag
So laag soos wat ek kan
Ek raak my toonjies nou
strek
Ek buig na die kante toe
So ver soos wat ek kan
Ek strek my arms uit
strek
ek stek my hele lyfie
So ver soos wat ek kan
Ek strek my lyfie
strek
Aktiwiteite: Strek jou ligaam
22. Gevoelens
Eks gelukkig so gelukkig
as ek lekker lag
eks gelukkig so gelukkig
wat a lekker dag
soms is ek so hartseer
dan voel ek o so sleg
soms voel ek so hartseer
dan huil ek elke keer
ek word soms vreeslik kwaad
daars n vrons op my voorkop
eks vreeslik boos en kwaad
ek stamp my voete rond
Eks gelukkig so gelukkig
as ek lekker lag
eks gelukkig so gelukkig
ek speel lekker vandag
23. Wat ek graag wil wees.
Ek maak my ogies toe en droom
Oor wat ek graag wil wees
Miskien n wolkie in die lug
Dit sal ek graag wil wees
Of dalk n klein riviertjie
Wat vinnig verby kan stroom
Met golwe wat groter en groter
En groter en groter raas
Of dalk n trekker op n plaas
Wat vreeslik kan raas
Of wat van n grote skeepsman
Wat heers oor die see
Of dalk n klein veetjie
Wat trou met n elf
Maar ek wonder niks is
Beter as ek self
Aktiwiteite: Wolke – Beweeg die hande stadig van kant tot kant. Rivier – Rolbeweging met die hande. Trekker – Beweeg arms aan die kant van die liggaam, van kant tot kant. Boom – Stand regop.
24. Volg my
Ek sing n lekker liedjie
volg my nou en doen jou ding
Hande klap
*
Voete stamp, hande klap
*
draai nou om, voete stamp, hande klap
*
swaai jou arms, draai nou om, voete stamp, hande klap
knik jou kop, swaai jou arms, draai nou om, voete stamp, hande klap
*
spring op en af, knik jou kop, arms flap, draai nou om, voete stamp, hande klap
Dit was n lekker liedjie
Volg my nog en doen jou ding
Doen jou ding!
Aktiwiteite: Die aksieliedjie verg konsentrasie, kyk of jy dit kan volg.
25. Diere
Oom oliefant jou reuse dier
Die mense lag vir hul plesier
Jy swaai jou slurp
dit is so lank
jy maak daarmee trompette klank
n muisie klein is rats en vinnig
Sonder n geraas hy eet sy kaas
Vinnig en stil skiet hy oor die mat
Hys nie bang vir die ou grote kat
My hondjie is so lief vir my
Hys my beste troeteldier
Hy blaf en hy lek en hys lief vir my
Hy swaai sy stert as hy kos kan kry
Oom oliekameelperd is lank en skraal
Met sy lang nek moet hy kos gaan haal
My vissie in die visbak
Het skivve en n vin
En daarmee kan hy swem soos min.
Aktiwiteite: Beweeg soos die diere.
26. Kom ons loop
* Kom ons loop loop loop loop
loop net so
Op kleine fyne toontjies loop
Hoog op toontjies loop
Op kleine toontjies loop
loop loop loop
*
met groot reuse tree
enorme swaar tree
met groot swaar tree
loop loop loop
*
met jellie in ons bene tree
met jellie in ons kniee tree
met bewende jellie knee bene
loop loop loop
27. Onderstebo
Ek hou daarvan om op my kop te staan
Dans ek onderstebo
Ek buig my bene met my kop op die grond
Ek buig en ek buig nog meer en meer
Dis lekker om op my kop te staan
Aktiwiteite: Tip kind op en af, kyk of kind op albei voete en hande kan staan, en lig n been op, sonder om om te val.
28. Kyk na my
Ek het hande
Kyk hoe hul klap
Klap (x7)
Ek het n kop
Kyk hoe hul knik
Knik (x7)
Ek het arms
Kyk hoe hul swaai
swaai (x7)
Ek het kniee
Kyk hoe hul buig
buig (x7)
Ek het bene
Kyk hoe hul skop
Skop (x7)
Aktiwiteite: Vra jou kind om al die aksies na temaak en na die woorde to luister.
29. Reendruppeltjies
Al die reendruppeltjies
Val oral rond
Drup drup druppeltjjie
Val op die grond
Hoog uit die wolkies
Kom hul almal af
Drup drup druppeltjies
Val op die grond
Ek spring en spring
Ek spat spat ai
Eks nat!
Aktiwiteite: Maak reendruppels met die vingers en beweeg die hande van hoog tot laag.
30. Ek’s so groot
Eks so groot
Eks so groot soos n beer
Eks so groot
En ek loop heen en weer
Eks so klein
Klein duimpie klein
Ek sit in n bonndeltie
So klein en vyn
Ek staan hoog
So hoog in die lug
Ek strek my uit
soos n baie groot boom
Nou le ek laag
So laag op my maag
Niemand kan se
Dat ek laer moet le.
31. Kolle en strepe
Ek het kolletjies op my sokkies aan my voete x2
Kolletjies x7
Ek het twee handskoene met strepies op x2
Streepies x4
Streepies op my hand
Daars n hoed met n veer op my kop x2
Boing x7
Kolletjies strepies en n veer wat spring
Dis waarvan ek hou
32. Raak liggaamsdele
Raak met jou voet aan jou kop
Raak met jou tong aan jou neus
Raak met jou elmboog aan jou knie
Raak met jou hande op jou skouers
Plaas jou arms om jou lyfie
Gee jouself n lekker drukkie
Maklik ja!
33. Totsiens liedtjie
Die Clamber Club se tyd is om
Ons moet nou huis toe gaan
Ons het geklim gekruip gelag
Haai wat n lekker dag
Waai jou handjies heen en weer
Waai hul nog n keer
Hius toe tyd dis huis toe tyd
Ons sien jou more weer
Kom handjies klap
En voetjies stamp
Spring om hoog
Dis huis toe tyd
Ons sien jou more weer
Waai jou handjies heen en weer
Waai hul nog n keer
Hius toe tyd dis huis toe tyd
Ons sien jou more weer
Tata padatjie
Tata Clamber Club!
Click here to go back to the previous page...
|