Hardloop Saam Met Padda

1. CLAMBER CLUB LIEDJIE

Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom handjies klap
Dis Clamber Club tyd
X2

Klap jou handjies
En stamp jou foetjies
Spring hoog in die lug
Dis Clamber Club tyd (x2)

Dis Clamber Club tyd (x2)
Kom voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd
X2

Blaas n soen
N Clamber Club soen
Spring hoog in die lug
Dis Clamber Club tyd (x2)

Dis Clamber Club tyd (x2)
Handjies klap dis Clamber Club tyd
Dis Clamber Club tyd (x2)
Dis voetjies stamp
Dis Clamber Club tyd


2. ONS OEFEN HIER

Ons oefen hier
by die Clamber Club
en word so fiks en sterk
ons oefen hier by die Clamber Club
en sing terwyl ons werk!

Ons draf
Ons rol
Ons klim
Ons tol
Ons draai
Ons swaai
Ons kruip
Ons spring

By die Clamber Club
Doen ons alles saam!

Aktiwiteite: Masjeer op die maat van die musiek, wys jou spiere by “sterk en fiks” en volg die aksie woorde.


3. EK HET ‘N HUPPEL !
Ek het hoppe tie hop in my lyfie x2
boing boing! hoppe tie hop!
Hoppe tie hop hop hop!

Ek het die rittleskuds in my lyfie (x2)
Skud en skud, rikkel en skud
Rikkel en rittel en skud!

Aktiwiteite: Bons saam rond op die bed, dans en swaai daai lywe.



4. ‘N SOEN EN A DRUKKIE

N Soen en n drukkie
N liefie en ‘n snoesie
Vashou, drukkies en n soentjie

‘n kielie en ‘n knuipie
glimlag in jou ogies
blaas op jou magie en ‘n soen

‘n snuifie, ‘n slukkie
“gee tog nog ‘n drukkie”
‘n vashou, liefies en ‘n soen!

Aktiwiteite: Drukkie tyd! Druk mekaar of n teddiebeer.


5. PLAAS MANS

Ek stap na die plaas
En ek speel op my drom
en ek praat met die diere daar
“marsjeer tog saam, hoor die ritme van
my drom
‘n ratatat rom ‘n tom tom”

Almal sê toe “ja”
Kom ons marsjeer en
Ons luister na die drom
links regs kekeroe koekoe
kwaak, kwaak hiee , hiee
woef, woef, moe,
oink, oink, baa baa doodle doo!
‘n rata tat tat rom ‘n tom tom!

Aktiwiteite: Kies n plaasdier wat jy graag wil wees. Maak die dier se geluide, en beweeg soos dit rond. Masjeer in die vertrek rond op maat van die musiek.


6. ROL IN MODDER

Ek rol graag rond in die modder (x2)
Dis natterig en papperig
spoelerig en spatterig
ek rol graag rond in die modder

Ek gly glip rond in die modder (x2)
Dis natterig en papperig
spoelerig en spatterig
ek gly glip rond in die modder

Wieg heen en weer in modder
Wieg heen en weer in modder
Dis natterig en pappperig
spoelerig en spatterig
Wieg heen en weer in modder

Aktiwiteite: Le op jou rug, laat jou kind op jou maag sit en in jou rigting kyk en rol van kant tot kant saam met die musiek. Lig jou kind op tydens “spoelerig en spatterig” OF wys jou kind hoe om dieselfde te doen met sy/haar teddiebeer OF maak modder aantrek al die klere uit en rol regtig in die modder.


7. WAS EN WORD NAT

Ek sit hier in die bad
ek was en word nat
ek skrap dat dit spat
was, wie weet wat?

Ek skrop my arms
ek skrop my knieë
ek skrop my voete
skrop n dop n dop n dop

Ek skrop my neus
ek skrop my maag
ek skrop my rug
skrop n dop n dop n dop

Skrop my laaste toon
Nous ek blink en skoon !

Aktiwiteite: Gee vir jou kind n waslap of spons en gee voor julle was julself – onthou om al die liggaamsdele op te noem terwyl dit “gewas word. (selfs die wat nie in die lidjie genome word nie…dit bevorder liggaamlike bewustheid). OF Spring in die bad en was regtig ooral.


8. FEETJIE LIEDJIE

‘n Mooie kleine feëtjie
met vlerkies goud en sag
vlieg van ‘n mooie blom
en skitter as sy lag

sy flidder en sy fladder
kyk vriendelik na my
toe dans sy ‘n fyn dansie
en land toe aan my sy !

Gaan sit so saggies op
die neusie van my kop
sy lyk tog alte mooi
in haar strikkies pienk en rooi !

Aktiwiteite: trek soos n feetjie aan en trippel met danspassies op jul tone rond.


9. EK KAN GROOT WEES

Ek kan groot wees
kyk nou’s ek klein
ek kan rond wees, nes ‘n bal

ek kan dun wees
nou’s ek wyd
ek kan strek van
noord na suid

ek kan opstaan
ek kan plat sit
ek kan rond tol, oral rond, oral rond !

Aktiwiteite: Maak liggame klein, groot rond.


10. WIKKELENDE WURM

Daar’s ‘n glib’rige , gly’rige, wik’lende wurm
wat vleg deur my klein toonjies
hy kruip tog alte stadig en, ai, dit kielie my.

Hy kruip vinnig teen my bene op
reg op tot by my magie
hy kruip nou rond, so stil stil rond
waarheen is hy nou op pad?

Op en oor my bors
na my skouer toe
en af na my elmboog
en oe ! hy kielie nou my vingers
en kruip weer gou terug

regoor my nek, en in my hare
nou het hy verdwyn
waar is hy waar?
Agter my oor en op my gesig
hy kielie en hy kriewel al is hy so lig

n glib’rige , gly’rige, wik’lende wurm
wat vleg deur my klein toonjies!

Aktiwiteite: Gee voor julle vingers is wurms en kielie mekaar soos wat die liedjie voorstel.


11. MY Oë

Ek maak my oë oop en toe
Ek maak my oë oop en toe
Ek maak oop en toe, oop en toe
Ek maak my oë oop en toe

My ogies kyk op
my ogies kyk af
my ogies kyk van kant tot kant
my ogies kyk op
my ogies kyk af
my ogies kyk oral rond

My ogies lyk kwaai
en nou hartseer
kyk daar lag hul weer !

Aktiwiteite: Kyk in mekaar se oe en doen die aktiwiteite. Kyk in die spiel terwyl julle die oog bewegings doen, dit sal ook ligaamlike bewustheid ontwikkel. Bespreek oe en hul funksie. Eksperimenteer met hulle. Sommige mense dra brille om beter te kan sien en ander dra brille on hul oe te beskerm.


12. ALMAL GRYP ‘N POT

Kom, almal gryp ‘n pot
Kom almal gryp ‘n pan
Houtlepels vir die res,
En het on n orkes

Doef ! Doef ! hier gaat ons
‘n doef doef doef
potte en panne
slaat ons dat dit gons !

Slaan nou baie saggies
slaan nou baie hard
doef doef en tik tik
tot baie baie laat

Slaan nou baie stadig
slaat nou baie vinnig
stadig, vinnig
en stop !

Aktiwiteite: Haal potte en panne uit… slaan saggies op dit en dan hard. Slaan stadig en dan vinnig. Roer met n lepel in die pot. Slaan ritmies saam met die maat van die musiek terwyl julle luister na die liedjie.


13. MY MAGIE

Mama, mama
Ek wil jou ietsie vra
My magie’s bietjie leeg
My magie, maag o ja

Dit rommel en dit grommel
my magie wil nou weet
dit rommel en dit grommel
ag mamma, wanneer gaan ons eet ?

mama, mama
‘n yummy yum, yum, yum
ek kou, kou dat dit kraak
my magie lief die smaak
yum , mmm !

Aktiwiteite: Eksperimenteer met die konsep van vol en leeg deur lee houers te vul. Gee voor julle is honger, maak dan of julle eet en wys dan hoe jy lyk as jy versadig is.



14. 5 PADDATJIES

Vyf klein paddatjies
spring op en af
een val hard en stamp sy kop
pappa, padda tel hom, op
mamma huil en sê:
“Kom paddajie kom, jy moet gaan le^”

Vier klein paddatjies
spring op en af
een val hard en stamp sy kop
pappa, padda tel hom, op
mamma huil en sê:
“Kom paddajie kom, jy moet gaan le^”

Drie klein paddatjies
spring op en af
een val hard en stamp sy kop
pappa, padda tel hom, op
mamma huil en sê:
“Kom paddajie kom, jy moet gaan le^”

Twee klein paddatjies
spring op en af
een val hard en stamp sy kop
pappa, padda tel hom, op
mamma huil en sê:
“Kom paddajie kom, jy moet gaan le^”

Een klein paddatjie
spring op en af
Sy val hard en stamp haar kop
almal spring toe op en tel haar
vinnig op

Pappa en mamma sê
Oe ! almal gaan lê

Aktiwiteite: Spring op en af soos n paddatjie! Maak of julle val en hou jul koppe vas … druk julself beter en spring verder vir die volgende vers. Oefen om agter uit te tel 5,4,3,2,1.



15. IN DIE CLAMBER CLUB KRINGE

In die Clamber Club kringe
hardloop ons rond
in die Clamber Club sirkelkring
hak, toon in die grond

Dan val ons plat neer
op die grond
plat op ons magies
kruip ons dan rond
En op !

In die Clamber Club kringe
het ons prêt ! ha, ha!

Aktiwiteite: Hou almal hande vas en loop in die rondte in n sirkel. Val neer en spring op en herhaal.


16. LIEWE LULU

Liewe liewe Lulu
Diddelie diddelie daai
Maak my tog so gek
Maak sy jou ook gek?

Sy kielie graag en koggel
sy druk jou tot jy giggel
sy klouter daar rond
haar pootjies in die grond
met ‘n zoem, en ‘n zieng en ‘n zip !

Bokspring so wild en wakker
sy's ‘n bollemakiesie rakker
met n vliek vlak vlop
sy draai rond en tol
sy’s altyd reg vir n jol !

Sy’s sag en slim en mal vir soen
sy draai so vinnig verloor ‘n skoen
ek’s lief vir haar, ja lief vir haar
my liewe liewe Lulu

Aktiwiteite: Gee voor julle is dansende gimnaste, doen toetjies en slaan bolemakiesie en dans op die maat van die musiek..


17. DRIE KLEINE VOELTJIES

Drie kleine voëltjies sit in hul nes
een vlieg weg
nou sit tweetjies reg

Twee kleine voëltjies sit in hul nes
een vlieg weg
nou sit ene reg

Een kleine voëltjie sit in sy nes
Vlieg toe weg
nie een sit nou reg

Ma voëltjie sê
“Kom nou op dis etenstyd nou
ons moet kou”

Drie kleine voëltjies met oop bekkies eet nou hul kossies
Tweet , tweet

Aktiwiteite: Staan op die bed of op n grrot kussing. Spring af as elke voeltjie “wegvlieg” en speel julle is honger voeltjies vat julle middagete eet. Tweet soos klein voeltjies. Tel agteruit 5,4,3,2,1.

 

18. STAAN OP !

Staan op staan op
Nog ‘n dag wat wag
Staan op staan op
Die sonskyn lag

Staan op staan op
Die son skyn in
Staan op staan op
Doen oefening

Strek jou arms wyd
En gee nou ‘n gaap
Spring dan uit die bed
En los die slaap

Dis ‘n lekker dag
Speletjies wat wag
Daar’s prêt wat wag
Die sonskyn lag, die sonskyn lag

Aktiwiteite: Word speel – speel wakker. Strek en spring uit die bed uit. OF sing die liedjie vir jou kind in die oggende as hy wakker word.


19. JOG DIE PADDA

Ek’s Jog die Padda
ek's Jog die Clamber Club padda (x2)

Ek’s ‘n viets en fikse “gabba”
my naam is Jog die Padda
ek spring en hop en stop geen “bop”
en ek hou van draf en stap

Ek beweeg my hele lyf
van my toon tot by my kuif
oefen hier en oefen da
kyk hoe draf ek, ha ha ha !

Ek kan spring ek kan tol
ek kan huppel, ek kan “jol”
ek kan wikkel, ek kan skud
ek kan dans, en ek kan draf

Ek is vrolik en ek’s fiks
en my naam is Jog die Padda
ek’s skraal en vol van energie
fiks en oefen graag.

Ek beweeg my hele lyf
van my toon tot by my kuif
oefen hier en oefen daar
ky hoe draf ek, ha ha ha !

Koor x 2
Hallo almal!

Aktiwiteite: Doen die aksies saam, soos die liedjie lui.


20 HIER IN DIE OERWOUD

Hier in die oerwoud is ‘n oerwoud klank
dit laat my opspring uit my bank
ek roep hul hier en ek roep hul daar
en al die diere sê toe ja, ja, ja !

Toe gaan ons skommel, skud
Dan se ons almal “sjoe
Ons draai in die rondte, en sê hard “boe!”
skud ons hande en stamp ons voete
doen ‘n ruk en rol deur die oerwoud roete !

Hier in die oerwoud is ‘n oerwoud klank
dit laat my opspring uit my bank
so ek wikkel dit hier en ek wikkel dit daar
en al die diere sê toe ja, ja, ja!

Aktiwiteite: Maak of julle oerwoud diere is. Brul soos n leeu, swaai rond soos n apie … dans en swaai daai heupel.


21. HOOG IN DIE LUG

Hoog, hoog, hoog in die lug
Die voëls en die vlinders en die
goggas vlieg

Laag, laag, laag op die grond
kruip wurmps en n hasie en
‘n ou mol rond

Hoog, hoog, hoog in die lug,
vlieg vuurpyle, vliegtuie en
helikopers rond

Laag, laag, laag op die grond
kruip slange en slake stadig
rond !

Aktiwiteite: Kyk op na al die dinge in die lug. Kyk dan af na die grond en soek na wurms en ander goed wat rond kruip. Strek die lywe op met die woorde “op” en dan af saam met die woorde.


22. HEITA HEITA UITJIE

Heita heita! ou geitjie
ek sit hier op ‘n uitjie
die uitjie glip
die uitjie wip
en ek val op my stuitjie

Heita heita, ou veldskoen
ek sit hier op ‘n waatlemoen
waatlemoen glip
waatlemoen wip
en ek val op my stuitjie

Aktiwiteite: Plaas jou kind op jou gebuig De kniee. Wip hom saam met die musiek op en af. As die “waatlemoen glip” laat glip hom na die een kant en dan na die ander. By “val op my stuitjie” maak oop jou bene en laat jou kind sagkuns deurval.



23. OUPA SE HORLOSIE

Oupa se horlosie
gaan tik tok, tik tok
tiek x4 tok

Ouma se horlosie
gaan tik tik tok, tik tik tok,
tik tik tik x2 tok

My klein horlosiejie
gaan tikke tikke x8 tok

Aktiwiteite – Hou jou baba vas en by “tik tak” weig van kant tot kant met groot tree. Lig jou baba op en wieg hom van kant tot kant in die lug met “ ouma se horlosie.” Hou jou baba teen jou en dans en trippel rond op jou tone in n sirkel met “my klein horlosie”.
Met jou ouer kind: wieg jou liggaam vorentoe en agtertoe met groot tree saam met “oupa se horlosie”, wieg jou liggaam van kant tot kant met “ouma se horlosie”. Tripple op jou tone in n sirkel met “my klein horlosie”. Wys jou kind doe verskillende soorte horlosies.




24. KRIEWELKOP, SPINNEKOP

Kriewelkop, spinnekop
kruip my bene op
kom tot by my knie en sê:
“o, ‘n knie”

Kriewelkop, spinnekop
kruip my bobeen
kom tot by my heup en sê:
“o, o ‘n heup”

Kriewelkop spinnekop
kruip rond oor my magie
kom tot by my ribbes en sê
oh o ribbes !

Kriewelkop, spinnekop
kruip op by my nek
kom tot by my neus en sê:
“O Hello !”

Aktiwiteite: Beweeg jou vingers soos spinnekoppe en kielie jou kind op elke liggaamsdeel wat genome word. Laat jou kind die spinnekop wees en jou kiekie. OF kielie jouself.


25. KANGAROO SPRONGE !

Al die mamma kangaroes
springe spring spring
leer al hulle babas
spring, spring, spring

Kyk mamma kyk na my!
springe spring, spring
kyk mamma hier na my
spring, spring, spring

Al die pappa kangaroes
springe spring, spring
leer hulle babas
spring, spring, spring

Kyk pappa kyk na my
springe spring, spring
kyk pappa hier na my
spring, spring, spring

Aktiwiteite: Maak of julle speel-speel kangaroo’s is en spring op en af. Een kan die mamma kangaroo wees, een kan die pappa kangaroo wees en een die babatjie.


26. 5 SINTUIE

Ek het 2 oë sodat ek kan sien
ek het 2 ore wat kan hoor
ek het ‘n neus wat kan ruik,
en ‘n tong wat alles proe !

Ek het 2 hande wat my laat voel
Vashou, streel en druk
Vyf, sintuie hul’s almal daar
Ek lag, dis my geluk !

5 sintuie, 5 sintuie, 5 sintuie het ek wel
my oë, my ore, my neus en tong
en laastens tot my vel
5 sintuie, 5 sintuie, 5 sintuie hier is hul
Oë, ore, neus tong en vel,
Ek het hul baie lief !

Aktiwiteite: Maak jou kind bewus van sy sintuie en hul funksies. Raak aan elkeeen soos wat die liedjie dit voorskryf.


27. FUNKIE APIE

O ek’s ‘n knapie, funkie apie
Ek’s lief vir hiep en “hop”
ek's ‘n knapie, funkie apie
ek spring en spring, en niks kan my stop

met ‘n lied lied lied
ek sing graag verniet
met ‘n draai, swaai, draai
kyk ek laat waai
met ‘n krap, krap mooi
vang ek ’n vlooi
met ‘n krap, krap krappetie krap
“ O ja!”

Aktiwiteite – Wees speel-speel n apie, beweeg en dans en krap onder jou arms.


28. KOM ONS DANS

My lyfie het so baie dele
gee hul tog net ‘n kans
my lyfie wys jul een vir een
ons gaan nou lekker dans

elmboë wat flap, flap
bene wat stap, stap
heupe wat swaai, swaai
kop knik van kant tot kant
tone wikkel in my skoen
skouers op en af
kyk as ek so dans
lyk ek alte laf !

Aktiwiteite: Dans terwyl jy al jou liggamsdele beweeg met die eerste vers. Volg die instruksies vir die res.


29. EK HET 2 VOETE
Ek het 2 voete
Tien tone daarby
Ek vat hul orals, rond
Saam met my (x2)

Haai, haai
niemand kan se^
hoekom’s daar, hoekom’s daar
hoekom’s daar tien ?

My tone trek op, dit tik en dit stop
dit beweeg, is nie lui
mmm kan jy?

Aktiwiteite – Skop jou bene in die lug soos n “can-can” danser. Met die koor: Draai in die rondte en loop op jul tone. Tweede vers: Volg die woorde vir die aksies. Vir jonger kindertjies: kielie tone, voel voete en stamp hulle!.


30. STOP DIT APIES

Apies klim die boom rats op
1,2,3 nou hop hop hop

Gooi ‘n piesang af, dit
land reg op my kop !
“stop die apies”
jul moet pasop !

Apies klim die boom rat op
1,2,3, nou hop hop hop

Krap, krap krap, krap
hier en daar
stop dit apie
jul is nou net naar !

Apies klim die boom rats op
1,2,3, hop hop hop

Trek n gesig
steek tong uit vir my
stop dit apies
ek sal jul kry !

Stop dit apies stop, stop, stop
Maar al die apies sê
ag jy kan gaan “hop”!

Aktiwiteite: Maak of julle apies is en volg die aktiwiteite deur boom te klim. Ruil rolle en maak of julle kwaad is vir die apies!


31. KOM ONS DRAAI ROND

Kom ons draai rond
rond, ja en rond
draai rond en bont
af tot die grond

Dans oral rond
rond oral rond
stil soos jy wil
sonder n gil

Fladder nou rond
vlinder nou rond
fladder so saggies, ssh,
kom wees nou stil

Aktiwiteite: Trek klere aan wat warrel en waai a\s julle draai. Draai al in die rondte.


32. BLY TE KENNE

Diep diep onder die grond
Krap ek eendag so rond
Aah, wat sien ek daar
‘n hasie so waar

Ek skud sy hand en sê
hoe gaan dit met jou?
Dit gaan baie lekker ja

Ek skud sy hand en sê,”ag ek moet nou groet
Bly ons kon ontmoet !”

Diep diep onder die grond
krap ek eendag so rond
Aah, wat sien ek daar
‘n vet wurm so waar

Diep diep onder die grond
krap ek steeds so rond
Aah, wat sien ek daar
‘n ronde mol

Aktiwiteite: Maskeer (bedek/om weg te steek) jou kind met jou liggaam by “Diep die ponder” maak of jy grou en wees verras as jy kom “kyk”. Skud hande en se “bly te kenne”. Ruil rolle.


33. DANS MET PAPPA

Ek dans so graag met pappa
hy dans so graag met my
dis prêt om te dans met pappa
dis net ek en hy

Ek draai en spin so rond
Pa draai ook rond met my
Ons wieg van kant to kant
Hy hou my styf aan sy, sy

Ons gee mekaar ‘n drukkie
Die musiek speel mooi en sag
As ek en papa so saamdans
Kan die wêreld wag

Aktiwiteite – Spring in Pappa se arms en dans saam.


34. SLAAPTYD

Strek en gaap
Slaap tyd, jy weet x 2
Stek ek gaap
Ek’t goed, geeët

Dis tyd vir slaap
Dis tyd vir rus
Ek vat nou ‘n blaaskans
Sodat ek more weer kan dans
Aah, dis tyd vir slap

Aktiwiteite: Sing hierdie liedjie terwyl jy jou kind aan die slap sus. Wys hom/haar hoe om haar teddiebeer aan die slap te sus op die liedjie..


35. TOTSIENS LIEDTJIE

Die Clamber Club se tyd is om
Ons moet nou huis toe gaan
Ons het geklim gekruip gelag
Haai wat n lekker dag

Waai jou handjies heen en weer
Waai hul nog n keer
Hius toe tyd dis huis toe tyd
Ons sien jou more weer

Kom handjies klap
En voetjies stamp
Spring om hoog
Dis huis toe tyd
Ons sien jou more weer

Waai jou handjies heen en weer
Waai hul nog n keer
Hius toe tyd dis huis toe tyd
Ons sien jou more weer

Tata padatjie
Tata Clamber Club!

Aktiwiteite – Volg die woorde vir die bewegings en waai totsiens.!


Click here to go back to the previous page...